Welkom by MuziKidz

Wie is ons?

Heidi Kluever is die stigter en eienaar van MuziKidz.

Sy is ‘n klassiek-opgeleide violis en mamma van drie woelige seuntjies.

Sy het haar graad 8 viooleksamen (ABRSM) voltooi, asook haar diploma in vioolonderrig (ABRSM – Cum Laude).

Heidi is ‘n internasionaal-geakkrediteerde Colourstrings Music Kindergarten onderwyseres (CATMK-1).

Skole waar sy betrokke was met individuele– en groepsonderrig sluit in Morningstar

Montessori (Preschool and Primary), Waterkloof House Preparatory School en Southdowns College.

Sy het ervaring in koorafrigting en woon gereeld Kodály- en Orff-werkswinkels by.

Heidi glo dat musiekonderrig haar roeping is en het ‘n groot passie vir kinders en musiekopvoeding.

Stay informed! Visit the SA Department of Health’s website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za