Welkom by MuziKidz

Programme

Weens die Covid-19 pandemie bied MuziKidz tans slegs ’n aanlynprogram aan.

Die aanlynprogram is geskik vir kinders van ouderdom 2-6 jaar en lesse en lesmateriaal word weekliks digitaal vrygestel op ons webtuiste.

MuziKidz aanlyn - R150 per maand per gesin, vooruitbetaalbaar.

Die bestaande MuziKidz programme soos hieronder uiteengesit sal hervat word sodra prakties moontlik.

Skryf nog vandag in!

MuziKidz Minors:

Mamma met kind

Hierdie program bestaan uit twee fases en is ontwerp vir kinders van 1-2 jaar en 2-3 jaar.

Tydens lessies saam met mamma of ouma spits ons ons toe op die algehele musikale ervaring.

Die les is propvol fyn-motoriese aktiwiteite om handjies slim en sterk te maak. Mamma se stem is belangrik en liedjies wat tydens die les gesing word, kan tuis ook herhaal word.

Mammas werk hard in elke les en konsepte soos pols word op subtiele manier aangeleer deurdat die lyfies saam beweeg en die vasste pols voel tydens die sing van liedjies.

Mammas neem nog die voortou met dans en beweging op die maat van musiek.

‘n Wye verskeidenheid perkussie instrumente word gebruik. Die kinders ontdek hul eie stemme en begin later die bekende liedjies saamsing.

MuziKidz Majors:

Groep dogtertjies in klas

Hierdie program bestaan uit 2 fases wat bedoel is vir kinders van 3-4 jaar en 4-5 jaar. Ouers woon nie die klasse by nie, maar kan een keer per kwartaal kom inloer en kyk wat ons doen.

Ons fokus veral daarop dat kinders met selfvertroue begin sing en dat hul nou ook die vasste pols met hul lyfies kan hou deur middel van verskeie bewegings.

Kinders wat al vir 2-3 jaar deel is van die klasse en nou in die 4-5 jaar groep is, kan reeds solo sing met goeie intonasie en baie selfvertroue. Hulle leer om verskeie ritmes te kan herhaal en lees vanaf flitskaarte. Hul ken verskeie Solfa handseine, het ‘n wye kennis van die verskillende instrumente in die simfonie orkes en weet hoe elk klink. Kinders kry ook die geleentheid om bekende liedjies op die kleur xylofone te speel en te eksperimenteer.

MuziKidz Maestros:

Blokfluite
Klavier
Xilofoon

MuziKidz Maestros is ‘n unieke eenjaarprogram wat bou op die MuziKidz Minors en Majors fondasie. Kinders wat vir MuziKidz Maestros wil inskryf, moes dus reeds ten minste 1 jaar deel gewees het van die Majors klas.

MuziKidz Maestros is geskik vir kinders van 6 en 7 jaar oud. Die program is tot voordeel van enige kind wat graag met ‘n instrument wil begin en die kinders word hier toegerus met basiese vaardighede.

Tydens elke kwartaal word daar saam met sang een van 4 instrumente, nl. blokfluit, viool, klavier en Orff-ensemble aangebied. Kinders word aan al hierdie instrumente blootgestel en bemeester ook basiese tegnieke van elk. Hierdeur word die kind se aanleg en belangstelling getoets voordat daar duur instrumente aangekoop word vir individuele onderrig.

Aan die einde van die jaar word daar dan aanbevelings gemaak sodat ‘n ingeligte besluit oor instrumentale onderrig geneem kan word.

MuziKidz Maestros word aangebied deur Heidi Kluever en Sonja Smit. Sonja is ‘n bekwame klavieronderwyseres en ervare koorafrigter.

MuziKidz Skoleprogram:

Die MuziKidz Skoleprogram is gemik op Kleuterskole en Graad R-Sentrums waar ons kinders van 18 maande tot graad R in klasse van hoogstens 10 kinders onderrig.

Lesse word weekliks aangebied, met ‘n minimum van 9 lesse per kwartaal.

Stay informed! Visit the SA Department of Health’s website for COVID-19 updates: www.sacoronavirus.co.za